Welkom By

Die tuiste van Wonderboom Militêre Museum

maak binnekort Oop

„Stap terug in die geskiedenis na periodes van gewapende konflik.“

Wat om te verwag

Militêre toerusting

Ons restoureer en stal ‘n groot verskeidenheid militêre voertuie en wapens uit.

Unieke tentoonstellings

Unieke tentoonstellings sal by Wondermil aangebied word waar u volgens die era kan aantrek.

Interaktiewe uitstallings

Kom ry saam op ‘n militêre trok van die tweede wêreldoorlog.

Uitstal areas

1899

Die begin van die tweede Anglo Boere-oorlog

Hierdie area sal opgestel word as ‘n tipiese plaastoneel van die era met items soos kanonne wat in die oorlog gebruik is. ‘n 1855 Armstrong kanon asook Howitzer kanonne sal die gretige oog en nuuskierige denke bevredig. Gedurende hierdie onseker tye waar vrees geheers het, is boer vroue, kinders en werkers met geweld van hul plase na konsentrasiekampe geneem wat deur die Britte gebou was tussen 1899 en 1902.

1919

Einde van die tweede wêreldoorlog

Dit is die jaar 1919 en die wêreld probeer weer sy voete vind na vier jaar se konflik. Families word weer herenig. Vir baie ‘n tyd  waar wonders gebeur het en vir ander ‘n tyd van berusting.

Uiteindelik kan mense in die strate afstap sonder vrees vir die geluide van oorlog en skote in die agtergrond. Hulle kan weer vrede vind en hulle lewens opbou. Kom stap saam met ons gidse na die einde van die Groot Oorlog (Great War) waar u ‘n verskeidenheid voertuie en items uit die era kan sien.

Daar sal ook ‘n kroeg wees eie aan die era.

„Ervaar tye van oorlog. Voel die grond bewe. Hoor die enjins brul.“

1939

Begin van die Tweede Wêreldoorlog

Neem ‘n tree terug in tyd toe die enigste sekerheid die begin van oorlog was. Die Unie van Suid Afrika verklaar saam met die geallieerde magte oorlog teen Duitsland. Die era word opgestel as strate in ‘n dorpie van die tyd waar heelwat militêre voertuie gesien kan word.

1969

Onthaal area

Aan drie kante word die area begrens met ou vliegtuie en aan die vierde kant ‘n stoomtrein met verhoog vir vertonings  en ‘n eetkamer wa. Ons sal musiekfeeste hier aanbied asook tentoonstellings wat op ons webwerf aangekondig sal word.

Ons restaurant “ Afrikaner” spesialiseer in vleis van die inheemse Afrikaner beesras. Die vleis van hierdie Afrikaner beeste is ideaal om tot 120 dae met ‘n spesiale proses droog verouder te word.

1989

Einde van die Suid-Afrika grensoorlog

Hierdie area stal die magtige wapens uit wat deur die Suid Afrikaanse magte asook opposisie gebruik is tydens die oorlog. Die oorlog het van 1966 tot 1989 geduur en het uiteindelik die gevolg gehad dat Suidwes Afrika onafhanklikheid gekry het en bekend gestaan het as Namibië.

Dit het ook die weg gebaan vir  vreedsame onderhandelinge wat gely het tot die samestelling van die Regering van Nasionale eenheid in 1994.

Inligting oor ons

Wondermil is gasheer vir ‘n privaat maatskappy wat privaat finansier word.

Ons is deeglik bewus van die monumentale taak waarmee ons besig is en wat dekades sal neem om te voltooi.

Ons maak ook plek vir ander om betrokke te raak en indien u belangstel, vul asseblief die onderstaande vorm in.

Kontak besonderhede

E-pos:

info@wondermil.co.za

Fisiese adres:

Plot 145, Waterval, Distrik Pretoria

Aanwysings:

Neem die N1 noord vanaf Pretoria. Ry deur die eerste tolhek en neem dan die eerste afrit na Wallmansthal. Draai links op die Wallmansthal pad en een kilometer verder sal u Wondermil op regterkant vind.

GPS

Lat: 25˚34’ 46” S
Long: 28˚16’ 12” E

Vriende van die museum kontak vorm

Indien u belang stel om betrokke te raak by die restourasie of onderhoud van die items of andersins ‘n bydrae wil lewer, laat asseblief u besonderhede en hoe u sal verkies om betrokke te wees. U kan die “ vriende van die museum” aansoekvorm hieronder voltooi.

X